Diploma

Loopbaan Voorligting

Is jy onseker oor watter loopbaan om te volg? Het jy  loopbaan afrigting nodig om jou te help ‘n besluit te maak? Ons kan jou help om die regte besluit te maak!

 

Klik asseblief op die onderste skakel om meer oor Loopbaan Voorligting te lees.

 

Hoe kan loopbaan afrigting jou help?


careertest

Kan ek ‘n diploma kry sonder dat ek matriek het?

Jy kan vir seker ‘n diploma kry sonder dat jy ‘n matrieksertifikaat het.  Weereens gaan dit afhang van die kursus wat jy wil studeer.  Sommige kursusse vereis dat jy eers ‘n sertifikaat het.  ‘n Matrieksertifikaat is een voorbeeld, maar dit is nie die enigste sertifikaat wat aanvaar word nie.  As jy ‘n diplomakursus wil studeer wat vereis dat jy ‘n sertifikaat het, kan jy enige sertifikaatkursus studeer wat jy wil, behalwe as die diploma baie spesifieke vereistes het.  Daar is ook diplomakursusse wat nie vereis dat jy ‘n vorige kwalifikasie het nie.  Jy moet dlak ‘n sekere ouderdom wees en Engels kan lees en skryf, maar dit is nie altyd nodig vir ‘n kwalifikasie nie.

Hoe lank vat dit om ‘n diploma te kry?

Diplomakursusse kan verskil in hoe lank dit duur.  Sommige diplomas kan tot twee jaar duur maar ander diplomas kan langer of korter wees.  Dit hang af van die kursus.

Waar kan ek ‘n diploma kry?

In Suid-Afrika kan jy by enige Hoër Onderwys of Verdere Opleiding inrigting ‘n diploma kry.  Jy sal by ‘n inrigting moet inskryf vir ‘n spesifieke diplomakursus.  Jy moet dan al die uitkomste vir daardie kursus voltooi, soos alreeds verduidelik is.  Wanneer jy al die uitkomste suksesvol volooit het, sal jy die diploma kry.

Wat doen ek met ‘n diploma?

‘n Diploma kan jou ‘n hupstoot gee na beter opleiding en ‘n beter toekoms.  As jy jou lewe wil verbeter is ‘n diploma een van die maniere om dit te doen.  Met ‘n diploma kan jy ‘n beter werk kry omdat dit jou CV beter sal laat lyk.  Jy het beter opleiding, dus kan jy die werk beter doen.